01
Interaksie met die gehoor
By Gretha sit niemand net en kyk nie. Die gehoor word deel van die pret — en dis juis waar die lag begin.
interaktiewe komediant
Gretha Pers bring interaksie, musiek, 'n gedans en grappies in haar kenmerkende styl — en maak van elke gehoor deel van die vertoning.
In aksie
Vere, musiek, 'n gehoor wat saamlag en 'n strandbal of twee. Druk speel en kyk self hoe Gretha 'n saal laat lag.
Oor Gretha
Gretha Pers is 'n interaktiewe komediant. Die persona is in 2005 geskep en het al 21 jaar se ondervinding by die land se grootste kunstefeeste — Momentum Beleggings Aardklop, KKNK, Vrystaat Kunstefees, Innibos en nog vele meer.
Sy het die gaste by The Marketing Zoo se 10de bestaansjaar-viering vermaak — en sy was die heel eerste kunstenaar wat dié agentskap bestuur het.
Wat sy doen
01
By Gretha sit niemand net en kyk nie. Die gehoor word deel van die pret — en dis juis waar die lag begin.
Daar's musiek, en daar word gedans. Maak maar gereed om saam te beweeg.
Stories en grappies soos net Gretha dit kan vertel — met 'n hoed, 'n glimlag en 'n knipoog.
is jy gelukkig, vertel dit vir jou gesig
TV & Radio
Gretha is al gehoor op:
'n Hart vir mense: Gretha doen gemeenskapswerk saam met



















Galery
Kunstefees, damesfunksie, korporatiewe funksie of glansgeleentheid — Gretha se tyd is beperk, so moenie te lank wag nie.